Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Brandaan-siklus: "Vuurlopers" deur D.J. OPPERMAN
Brandaan-siklus: "Vuurlopers" deur D.J. OPPERMAN [boodskap #50090] Vr, 14 September 2001 18:47
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Die Brandaan-siklus
D.J. Opperman

Vuurlopers

Bokant die piesang- en die mangobome
spring rooi vlamme van die hout ineen,
en langs die Hindoetempel uit die lome
wierook begin kalbasfluite eentonig teem
as die gereinigdes met klam kaalvoete
die paadjies kies uit die rivier - maar bang
duskant die oopgeharkte vierkant gloed
terugstuit, soos nat bruin vullens vasgevang.
Die bok en die pampoen lê oopgebreek,
die priester sprinkel met sy takkie blare
wywaters oor die vure en koel kweek
en voorste ry van die beswete skare.
Dan in vervoering trap die kaal voetsole
lig-lig na Brahma oor tapyte kole.
Vorige onderwerp: Brandaan-siklus (4) "Tokolosi" deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: Brandaan-siklus (6): "Kronos" deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 13:51:31 MGT 2024